Ver wink die Suiderkruis

By Irma Joubert

Format:Softcover

Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate is ryk John Woodroffe se dogter en Bernard Neethling is ‘n mynwerker. Haar pa gee opdrag dat Bernard haar oppas terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hy leer haar hart vlieg, laat ‘n warm vreugde diep in haar oopbreek.Albei weet dat hulle wêrelde onversoenbaar is. Maar Bernard skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hulle liefde te laat blom.Irma Joubert skryf régte mense se stories. Sy fokus op verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur, die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om ‘n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir ’n nuwe generasie lesers.

Literary & Contemporary Fiction
350 pagesSoftcover
First published 2006

What's Bookie?

  • Free delivery in Germany.
  • Find your perfect next read.
  • Track to motivate you to read more.
  • Connect with people like you.

Readers' reviews will appear here.

Similar Books

Michele Grant

Lupita Nyong'o

Chimamanda Ngozi Adichie

Robert M. Drake

Karin Brynard